Ses Jaar Gelede

Dit is ek presies ses jaar gelede in 2016 toe ek een van die bruidsmeisies was by ‘n troue. Dit was ook die laaste keer dat ek ooit gesien was in ‘n rok. Almal het gesê ek het mooi gelyk. Dit was ‘n baie klein opoffering wat ek moes maak om iemand spesiaal te ondersteun. 

Ek was beslis nie myself daardie dag nie. Na baie jare is ek nie daaraan gewoond om ‘n rok te dra nie en sal ook nie wees nie. Ek het ook amper ‘n “Jennifer Lawrence” gedoen en amper geval net so voor die kansel. Met genade is ek daardie vernedering gespaar.

Ek moet ook erken dat na die troue en ontvangs was ek heeltemal uitgeput. Die voorbereiding soos die hare, grimering, die rok, en als dit wat vooraf plaasgevind het, het nogals ‘n tol op my geëis. Ek het by die huis my PJ’s aangetrek, my grimering verwyder en sommer dadelik in die bed geklim. Ek was absoluut uitegput. Dit is waar wat meeste celebs sê. Als is nie altyd so glamourous soos wat jy op TV en in tydskrifte sien nie.

Dit was ‘n lekker dag, maar ek verwag nie weer van myself om weer ‘n rok te dra nie. Want dit is nie wie ek is as mens nie. Ek het myself voorgeneem om nooit weer eintlik ‘n rok en hoë hak skoene te dra nie. Almal het ‘n eie persoonlike smaak wat hulle volg. En dit uitdra sodat hulle hulsef kan wees.

Vrese

Almal het dit. Hul grootste vrees. Meeste mense het dit al gedeel. Ander hou dit vir hulself. Mense kom vreesloos voor en hoop dat niemand sal agter kom hoe bang hulle soms voel nie.

My grootste vrees het amper onlangs gebeur. Met genade was dit nie so nie. En dit is om mense na aan my te verloor. Dit voel ook soos gister vir my toe ek my foon optel een Sondagoggend en sien dat iemand wat ek ken nie meer met ons is nie. Ek is bang dit gebeur weer.

Dit is ons almal se vrees. Dit kan geensins vermy word nie. Dit is hoekom dit altyd belangrik is om die mense om ons te waardeer en vir hulle te sê dat jy lief is vir hulle. Veral die tyd van die jaar. Maar ook elke dag. Want geen mens weet wat die volgende dag kan bring nie.

Maak Jouself Gelukkig

Die vraag is altyd hoekom so hard probeer om mense tevrede te hou ten koste van jouself. Mense doen dit om maar die vrede te bewaar vir hulself…en vir die mense wie hulle voel moet tevrede stel.

Ek was ook altyd maar so sonder dat ek dit besef het. Ek het met daardie gevoel gesit om mense tevrede te stel ten koste van myself. Ek het myself uitgeput om dit te doen wat ook tot grootskaalse angstigheid gelei het. Want die vrese van hoe mense sou reageer op my moeite en dat dit sou negatief wees was altyd in my gedagtes gewees. Ek kon dit nie skud nie.

Die gevolg hiervan was dat ek waardeloos gevoel het. Ek het gevoel dat niks wat ek doen ooit reg was nie. Dit was so erg dat ek net opgegee het en na oplossings gesoek het waar ek nie so waardeloos gevoel het nie.

Moet nooit jouself ooreis om mense tevrede te stel nie. Jy is maar net ‘n mens en jy kan ook net soveel doen. Die regte mense sal lief wees vir jou ongeag wat. Probeer jou bes met elke liewe uitdaging wat jy aanpak. Want jy is goed genoeg.

19 Minute

Hierdie boek het ek gekoop in 2009 wat gegaan het oor afknourigheid en teistering van tieners, wat tragiese nagevolge ingehou het vir ‘n skool in Amerika. Hierdie boek spook vir baie jare by my weens die feit dat dit baie realisties geskryf is.

Want daar is vandag baie stories van tieners wat afgeknou en geboelie word deur hul klasmaats, totdat hulle geen ander uitweg sien nie.

Tieners wat hulself daaraan skuldig maak dat hulle ander boelie dink om dit te doen, sal hulle aanvaarbaar maak vir populêriteit, maar dit het ‘n heel ander uitwerking wanneer dit by mense kom wat dink om te boelie is geensins aanvaarbaar is nie.

Om te teister en te boelie gaan jou daardie valse indruk gee dat jy die respek het van mense. Dit is geensins aanvaarbaar nie. Dit is traumaties vir die slagoffers van teistering. So dink weer as jy mense afknou. Want om hulle so seer te maak maak jou ongewild onder baie mense. Dit geld ook vir volwassenes wat hulself skuldig maak daaraan.

Hou net aan veg

Dit het tot meer onlangs gebeur waar ek op sosiale media gelees het van mense wat ‘n bejaarde paartjie sleggesê en geteiken het. Emosies was in daardie stadium baie hoog gewees en simpatie baie min, soveel so dat daardie paartjie se trauma en seerky op vertrap was en as niks uitgemaak was nie. Dit als, om iemand bekend in Suid-Afrika te ondersteun.

Emosies het by my ook hooggeloop en met die afgryslike kommentaar wat ek gelees het, kon ek nie stilbly nie. As ek so iets sien, dan voel ek sterk om op te staan vir weerlose mense, en hulle te verdedig. Want as ek stilgebly het en toegekyk het dat dit gebeur, dan was ek net so skuldig soos die boelies self wat hierdie paartjie uitmekaar geskeur het op sosiale media.

Staan op en baklei teen hierdie soort teistering en die skynheiligheid van boelies wat hulle voorgee as Christine. Moenie stilbly en kyk hoe onskuldige mense se karakter op vertrap word nie, want dan is jy deel van die probleem. Word deel van die oplossing.

Individualiteit

Internasionale Vrouedag is vandag regoor die wêreld. Vir my beteken dit om my eie mens te wees sonder dat ek dit toelaat dat ander mense my voorskryf oor hoe ek moet dink en hoe om my lewe te leef. Daar was al een of miskien twee mense wat probeer het, maar ek het sterk gestaan daarteen.

Elke vrou het daardie reg om hul individualiteit te vier en nie skaam te wees daaroor nie. Ons moet nie toelaat dat mense ons voorsê hoe om te dink en hoe om ons lewens te leef nie. Ons almal het ‘n reg op vryheid en keuses. En onsself te wees sonder dat ons hoef verskonings daarvoor te vra.

Leef jou lewe en moenie verskoning vra oor wie jy is as vrou vandag nie. Vier jou individualiteit en wees trots daarop. Moenie skaam wees oor wie jy is as mens vandag nie.

May be an image of text that says ""Because you are women, people will force their thinking on you, their boundaries on you. They will tell you how to dress, how to behave, who you can meet and where you can go. Don't live in the shadows of people's judgment. Make your own choices in the light of your own wisdom." -Amitabh Bachchan Yolandi Serfontein"

11

Moenie bang wees nie

Met ‘n YouTube video onlangs waar ek gesien het dat ‘n groep kinders ‘n oudisie afgelê het op Britain’s Got Talent (jy moet maar my verskoon want ek is ‘n sucker vir sulke videos op die internet), het ek besef hoe braaf hierdie kinders was. Dit is ‘n oudisie wat basies uitgestaan het juis omdat die kinders gestremdhede het en met hierdie uitdaging leef terwyl ek basies baie normaal grootgeword het.

Ek het met die video besef dat hierdie kinders nie bang was om vir die wêreld te wys wie presies hulle is nie en dat hulle nie hoef skaam te wees oor wie hulle is nie. Mense het altyd daardie vrese in hul agterkoppe wat ander van hulle dink. Dit is of was ook ‘n vrees waarmee ek mee geworstel het. En dit is iets wat my teruggehou het om my volle potensiaal te bereik.

Hierdie groep, Sign along with us, het my oë oopgemaak met die feit dat ek nie altyd moet bang wees om te wys wie ek is vandag nie. Al dink mense wat van my. Ek is nie perfek nie. Ek maak foute. Ek is nie vlekkeloos nie. Niemand is nie. Maar my foute, my flaws is presies wie ek is en my foute bou my karakter oor wie ek is vandag.

Moenie bang wees om te wys wie jy is nie. Die regte mense sal lief wees vir jou.

Die Lewe begin op 40

Ek het onlangs my 40ste verjaarsdag gevier en mense het my gevra hoe dit is om 40 te wees. Dit was soos om ‘n mylpaal te bereik op ‘n manier. En soos hulle sê die lewe begin op veertig.

‘n Deel van my wonder wat het van die jare geword. Die eerste foto is geneem by ‘n familielid se huis so om en by 20 jaar gelede. My hele toekoms het voor my gelê, maar ek het gewonder wat dit vir my als inhou.

Na ‘n paar uitdagende jare nou agter my, kan ek sê dat die lewe begin op 40. Dinge is nie altyd perfek nie, maar vir die eerste keer kan ek na dinge uitsien wat die lewe bring. Hoe dit is om 40 te wees? Wel, ek lewe op hoop en ek sien kans om die lewe weer aan te gryp en ten volle te geniet.

Liefde en Deernis

Daar is geen wenners in oorlog nie. Nooit nie. Dit is wat dit als so hartseer maak as ons sien wat besig is om te gebeur in Oekraïne met Rusland wat besig is om mense se lewens te vernietig en te verontrief.

Gister lees ek van Polina, ‘n skooldogter van 10 jaar oud, wat dood is in die oorlog. Sy was een van 16 kinders wat dood is in hierdie onnodige konflik wat die wêreld geskok het.

Met oorlog is daar altyd ‘n prys om te betaal en dit is die kosbaarste prys wat jy kan kry. Jou lewe. Met hierdie een kom dit met daardie prys wat hartseer is wanneer dit veral by kinders kom. Die vraag is net hoekom.

My hart gaan vandag uit na die mense van Oekraïne wat verontrief is as gevolg van iemand se selfsugtigheid. Ek staan by hulle in hierdie moeilike tye vandag. En mag daar hoop wees vir hulle in hierdie swaar tye.

As die wêreld saamstaan sal menslikheid wen. Liefde sal wen. Deenis sal wen. En dit is wat ons almal moet uitdra teenoor mekaar.

Standaarde

Moet nooit omverskoning vra wie en wat jy is nie. Mense word op ‘n gereelde basis gekritiseer omdat hulle nie volgens ander se morele standaarde lewe nie. Ek weet. Dit is hard.

Jy wonder die hele tyd wat jy verkeerd doen en hoe jy jouself uitdra. Jy wonder hoe jy jouself moet uitdra en dit terwyl mense in die eerste plek verkeerd was om jou te kritiseer. Jy twyfel maklik in jouself en voel dat jou bedoelinge nooit oortuigend is nie. Maar dit was nog reg al die tyd.

Ek was al baie in die posisie geplaas waar ek myself moes verdedig het. Ek moes opstaan vir myself en vir myself baklei want mense het my verkeerdelik al opgesom as iemand wat ek nie is nie. Die mense het my nooit werklik geken nie en dat ek ook daardie reg gehad het om my lewe te leef volgens my eie reëls en standaarde. Mense raak afknouerig as jy nie volgens hul standaarde leef nie. Dit kan ek jou met alle sekerheid sê. Maar dit het niks met hulle te doen hoe jy is as mens nie.

Leef volgens jou eie reëls en standaarde en moet nooit jammer wees hiervoor nie.

Create your website with WordPress.com
Get started